WITZENBERG GAME LODGE – DISTRICT WOLSELEY

Tydens ’n Soladi energie audit is besluit om n ge-struktureerde beleggingsplan te ontwikkel om blootstelling en afhanklikheid van ESKOM krag te verminder en die eienaar se privaat woning geheel van die Netwerk te ontkoppel.

Totale besparings in diens/beskikbaarheidsfooie sal verbruik met ± R 100 000,00 per jaar verminder.

Die projek sal tot 7 ton Koolstof verhoed om ons atmosfeer te besoedel elke jaar. Die eerste fase van die projek behels:

1.     9 x Soladi Solar geysers

2.     1 x Soladi “Retro-fit” geyser

3.     6Kw “Off-grid” Kragstasie

4.     Solar swembadpomp

Hoof Lodge

Behels ’n unieke, hibriede ontwerp wat 800 L Solar en 600 L elektriese water verhitting inkorporeer wat 75% Solar energie gebruik om warm water te verskaf vir 30+ gaste deur die huidige belegging in elektriese geysers in te sluit in die ontwerp.

Off-grid Kragstasie

20 x son panele, n 225 Ah battery bank met n 6 Kw elektroniese suite en 6 Kw Generator tesame met n 200 L Soladi geyser het die eienaar in staat gestel om van die Netwerk te ontkoppel.

Na moniteering van die eerste fase sal die projek verder uigebrei word.