Verwey Wiese – Oude Westhof, Durbanville

Totale elektrisiteits aanvraag, +/- 2 000 Kwh per maand voor die Soladi projek.

Gekombineerde alternatiewe energie projek wat die volgende behels:

1. 3 x “Retro-fit” 150 L geysers deur SATCHWELL.
2. 1 X Soladi 350+ “Loadshed-Buster”.
3. Kompleet omskakeling na LED beligting.

ALGEMEEN

Die distansie tussen die 3 x huidige geysers van 150 L elk het kompleet vervanging na nuwe solar geysers on-ekonomies gemaak en die huidige geysers was relatief nuut. Elk van die installasies sal aanvraag met gemiddeld 250 - 300 Kwh p/m verlaag.

’n Beligting oudit het gewys dat meer as 4 Kwh verbruik word indien al die ligte gebruik word, na omskepping is dié verlaag na minder as 835 W.

Die Soladi 350+ lewer 4 Kw en 18 Ampere 24/7, selfs gedurende beurtkrag en kan tussen 300 en 500 Kwh p/m lewer voor ESKOM krag verbruik word.

Besparings kan 50%+ in die winter en tot 65%+ in die somer beloop en die installasie sal meer as 2 ton koolstof verhoed om die atmosfeer te besoedel elke jaar.